Sedert 1891

NG KERK TAMBOERSKLOOF

"Sing tot eer van die Here 'n nuwe lied want hy het wonders gedoen." Ps 98: 1
(Hierdie gemeente glo in wonderwerke!)

Wie is ons

Teen die hang van Leeukop leef die klein gemeente van Tamboerskloof. Ons kan onsself beskryf as ‘n plattelandse gemeente in die groot stad. Ons is klein in getal en klein in omtrek, ongeveer 250 lidmate in ‘n radius wat minder as ‘n kilometer vanaf die kerkgebou strek. Tamboerskloof–gemeente het egter ‘n groot geskiedenis met ‘n nóg groter hart. ‘n Hart vol liefde en warmte. Meer as ‘n honderd jaar gelede is hierdie gemeente gestig.